Oorsig

Statistiek is die tak van wiskunde wat te doen het met die insameling, organisering, analise en interpretasie van numeriese data. Oor die algemeen het die dissipline te doen met:

  • die insameling van inligting
  • die opsom van inligting vir beter begrip
  • die maak van gevolgtrekkings vanuit die data; en
  • die bepaling van die nou of voorspelling van die toekoms

Operasionele navorsing, aan die een kant, is die dissipline wat te doen het met die toepassing van analitiese metodes om besluitnemers te help met die optimale allokering van skaars hulpbronne. Dit het te doen met die gebruik van verskillende modelle in die maksimering van winste deur die gebruik van die minimum hulpbronne. Operasionele navorsing kan ook gedefinieer word as die gebruik van gevorderde analitiese tegnieke om besluitneming te bevorder. Operasionele navorsingsanaliste is betrokke by alle aspekte van ʼn organisasie. Hulle help om hulpbronne te allokeer, produksieskedules te ontwikkel, die aanvoerketting te bestuur en pryse te bepaal.

Toelatingsvereistes

  • Engels vlak 4
  • Wiskunde vlak 4
  • APS 24

Afleweringspunte

  • Mafikengkampus

Kwalifikasie-opsies

  • Uitgebreide BCom in Statistiek
  • BCom in Statistiek
  • BCom in Operasionele Navorsing

Nagraadse studies

  • BCom in Statistiek Honneurs
  • BCom Operasionele Navorsing Honneurs
  • MCom in Statistiek
  • MCom in Operasionele Navorsing
  • PhD in Statistiek
  • PhD in Operasionele Navorsing

Loopbaangeleenthede

Statistici het die voordeel om hul belang te kombineer met bykans enige ander studieveld, veral in die wetenskap, besigheid, medisynetegnologie, onderrig, ens. Sommige van hierdie veld is soos volg:

  • Onderrig
  • Biologie
  • Ekonomie
  • Vervaardiging
  • Bemarking
  • Ingenieurswese
  • Finansies
  • Gesondheidswetenskappe
  • Openbare gesondheid
  • Rekenaarwetenskap
  • Epidemiologie
  • Regte
  • Bevolkingstudies
  • Chemie
  • Landbou
  • Versekering
  • Sport
  • Bankwese-instellings                                           
  • Aardwetenskappe
  • Geografie
  • Regeringsdepartemente
  • Versekeringsmaatskappye

Mense met vaardighede in ON het poste in besluitnemingsondersteuning, besigheidsanalise, bemarkingsanalise en logistiek-beplanning. Baie groot ondernemings het groepe ON-analiste. Hierdie is geleë in die staal-, mynbou-, olie-, gas-, chemikalieë-, papier- en ingenieursindustrieë, lugrederye, logistiek, spoorweg, bankwese en versekering. Binne die openbare sektor hou ON-analiste ook poste in gesondheid, onderrig en elektrisiteitsvoorsiening.

Kontakbesonderhede vir meer inligting