Community

Gemeenskap

 

Oorsig

Die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur besef dat ʼn organisasie nie in isolasie van sy omgewing kan funksioneer nie. Dus streef ons daarna om te help om ons gemeenskap op te hef deur kursusse vir ons sakeleiers aan te bied oor aktuele sake soos MIV en VIGS. Verder implementeer ons ons kundigheid in plaaslike besighede deur ons MBA-sindikaatgroepe om hulle te help om te groei en om aan ons studente praktiese eerstehandse ervaring te bied. 

 

Huidige projekte

Ons sosiale verantwoordelikheidskomponent sluit die volgende in:

1. MIV en VIGS-kursusse vir sakeleiers: ʼn Beleidsvaardigheidsboukursus.
2. Betrokkenheid by in formele sektorbesighede en opleiding.
3. Formele besoeke van MBA-sindikaatgroepstudente na gemeenskapsbesighede.
4. Konsultasie en optrek van besigheidsplanne vir informele sektorbesighede.
5. Projekbestuur vir werklose mense.
6. Gholfdag ten gunste van die Heart-stigting.
7. Kanker in die Werksplek-simposia.
8. Visekansellierstoekenning vir Uitnemendheid in Gemeenskapsbetrokkenheid.
9. 5de Kankersimposium.

10. ʼn Oggend van Hoop – Cansa-projek (6de).

11. Operasionele bestuur gemeenskapsprojek.