Adviesburo vir Kleinsakeondernemings (ABKS)

Oorsig

Die Adviesburo vir kleinsakeondernemings is ʼn instituut van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Die ABKS is in 1970 gestig om adviserende en opleidingsdienste aan die onafhanklike sakesektor te bied.

Addisioneel tot akademiese kwalifikasies het die Buro se konsultante ook breedvoerige praktiese ervaring in ʼn wye reeks sakesektore.

Die ANKS bied sedert 1986 die Program in Sakebestuur-kursus aan. Oor die jare is die kursus aangepas om aan die spesifieke behoeftes van die onafhanklike besigheidseienaar, bestuurder of voornemende entrepreneur te voldoen. Die kursus is uiters prakties en toepaslik van aard en geniet wye aanvaarding in die mark.

 

Kontak ons

Mev Elma Senekal

Tel: 018 299 1379

E-pos: elma.senekal@nwu.ac.za