Oorsig

Die drie jaar voorgraadse kwalifikasie in Landbou-ekonomie, is daarop gemik om studente voor te berei vir die moderne landbou-omgewing – van die plaas tot by landbou-besigheid.

Dit bied ʼn kombinasie van Landbou-ekonomie saam met Ekonomie en Risikobestuur. Die Ekonomie-modules gaan oor die agtergrond waarteen die landbou-sektor werk: Mikro- en makro-ekonomie, ekonomiese beleid en ekonomiese analise. Die Landbou-ekonomie-modules sluit in:

·         Landbou-rekordhouding en finansies

·         Produksiebestuur

·         Landbou-besigheidsbestuur

·         Landboubemarking

·         Hulpbron- en omgewingsekonomie

 

Die Risikobestuurmodules berei hierdie studente voor vir die finansiële risiko’s wat hulle binne die landbou-konteks in die gesig staar. Dit sluit in beleggingsbestuur en afgeleide instrumente (opsies en SAFEX-instrumente).

Landbou is ʼn besigheid en ons wil graag studente vir ʼn wye reeks uitdagings voorberei. 

 

Toelatingsvereistes

  • APS van 28
  • Wiskunde-vlak 4 (50%)

 

Kampusse

  • Potchefstroom 

 

Kwalifikasies in die program

  • BCom  Lanbou-ekonomie en Risikobestuur

Nagraadse studies

  • Die personeel van die vakgroep Landbou-ekonomie is deel van die Skool vir Omgewingswetenskappe,maar hul navorsing tel onder die TRADE-navorsingsnisarea.

As jy meer wil leer oor die navorsing wat hulle doen, kyk gerus na TRADE se webblad, en sien ook die  Nagraadse blad  vir meer inligting

Loopbaanmoontlikhede

  • Agri-besighede
  • Landbouverwante markte (SAFEX handel)
  • Risikobestuur
  • Tesourie