Toerismebestuur

Die Toerismespan by die NWU is die leiers in Toerisme-opleiding in Suid-Afrika. Gereelde kontak met die industrie, navorsingsprojekte en konsultasies hou ons aan die voorpunt van nuwe ontwikkelings.

Ons het ʼn baie aktiewe Toerisme-studenteorganisasie, genaamd Excursio, wat ook verskeie geleenthede aan Toerisme-studente bied, waarvan een ʼn jaarlikse toer is. 

Oorsig

Na voltooiing van die drie-jaar-program sal u ʼn toerisme-onderneming kan bestuur, maar u sal ook die belangrikheid van toerisme in die groeiende ekonomie van Suid-Afrika verstaan, en u sal dit ook tot die voordeel van die land kan ontwikkel.

Ons fokus op die ontwikkeling van u vaardighede en kennis om sodoende u eie of ʼn ander toerismebesigheid te kan ontwikkel en bestuur. Onder andere sal u die volgende leer:  

  • Ontwikkel en bestuur u eie akkommodasie-onderneming;
  • Ontwikkel, bemark en bestuur gebeurtenisse;
  • Optimeer die natuur as toerisme-attraksie; en
  • Verstaan die toerisme-ekonomie en hoe dit bydra tot groei in Suid-Afrika.

 

Om ʼn reeks indiensnemingsgeleenthede te optimeer, kan u kies tussen Ekonomie OF Internasionale Handel-modules wat u kennis en vaardighede oor ʼn tydperk van drie jaar sal uitbrei.

Verskeie hoteleienaars, konferensiebestuurders en geleentheidbestuurders deel op ʼn gereelde basis hul kennis en vaardighede met studente, en ons besoek ook hul besighede. U sal dus met mense werk, en sal ook blootgestel word aan ekonomiese inligting wat gebruik kan word om die toerisme-industrie in Suid-Afrika te groei.

 

Toelatingsvereistes

  •  APS van 24
  • Wiskunde vlak 3 (40-49%)
  • Addisionele vereistes per Fakulteit se jaarboek/kalendar

 

Kampus

  • Potchefstroom [P]

Kwalifikasie

BCom met Toerismebestuur

[Kwalifikasie 5FPH06 P]

Loopbaangeleenthede 

Hoewel hierdie kwalifikasie aan graduandi toegang tot die hele toerisme-industrie bied, is BCom-kwalifikasies gefokus op die bestuur van die industrie en besighede. Dit skep spesifieke toegang tot loopbane soos toerisme-ekonome, toerismebestuurders, bemarkers, navorsers, dosente, konsultante, akkommodasiebestuurders en geleentheidsbestuurders in beide private en openbare ondernemings.

Nagraadse studies

  • BCom in Bestuur met Toerismebestuur
  • MCom in Toerismebestuur
  • PhD in Toerismebestuur

Besoek gerus die nagraadse bladsy vir meer inligting.