Qualifications

Oorsig

Die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur bied ʼn reeks kwalifikasies en kortkursusse om bestuurders en werknemers vanuit ʼn verskeidenheid verskillende agtergronde te bemagtig.

Hierdie kwalifikasies strek vanaf ʼn twee-jaar-MBA-program tot ʼn kortkursus in Emosionele intelligensie.

Wat ook al u onderrigbehoeftes as besigheidsman of -vrou, die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur kan u help om waarde tot u organisasie of eie besigheid te voeg, deur praktiese kennis te verskaf om in u sake-omgewing te gebruik.