Tuis

Beste skoolverlater, in vandag se vinnig veranderende wêreld is dit uitdagend om jou plek in die son te vind. As woorde soos voorspoed en sukses jou aandag trek, is jy op die regte plek. Hierdie waardegedrewe fakulteit bied jou die volgende:

  • • Dinamiese en kwaliteit onderwys;
  • • Hoë akademiese standaarde wat internasionaal geëvalueer word;
  • • Akkreditasie by professionele liggame;
  • • ʼn Lewendige en gebalanseerde studentelewe.

Studierigtings

Navorsing en Innovasie

BHIVE

Die doelwit van die bhive-OOS is om ʼn entrepreneuriese ingesteldheid by studente te kweek. Hulle bemagtig individue om hul sakievisies in florerende ondernemings te omskep. Lees meer.

 

GIFT

Die vernaamste fokus van GIFT is om ʼn empiries getoetste korpus van kennis van talent te ontwikkel wat die standaard en riglyne sal stel vir die effektiewe implementering van talentbestuurspraktyke in die werkplek. Lees meer.

TELIT-SA

TELIT-SA is ʼn navorsingsentiteit wat daartoe verbind is om ʼn interdissiplinêre navorsingsgemeenskap van praktyk tot stand te bring ter verbetering van beste praktyke vir onderrig en leer met tegnologie.

TRADE

TRADE (ʼn akroniem vir “TRAde and Development Economics”) is ʼn navorsingsfokusarea by die Noordwes-Universiteit wat spesialiseer in internasionale handel en ekonomiese ontwikkeling.

TREES

Die doel van hierdie navorsingseenheid is om kwalitatiewe en relevante toerismenavorsing binne ekonomiese omgewings en samelewings te publiseer en sodoende by te dra tot die vooruitgang van gemeenskappe en die toerismebedryf as geheel. Lees meer.

WORKWELL

Die fokus is op die identifisering en ontwikkeling van beleide om die benutting van organisatoriese hulpbronne te optimaliseer, terwyl die fokus gehandhaaf word op kwessies van diversiteit en ʼn ontwikkelende ekonomie. Lees meer.

OPTENTIA

Die missie van die Optentia-navorsingseenheid is om kennis te ontwikkel en te organiseer vir die optimale uitdrukking van individuele, maatskaplike en institusionele potensiaal, met ʼn spesifieke belangstelling in die Afrika-konteks.

UARM

Die missie van UARM-navorsingseenheid is om senior risikobelanghebbers in die private en openbare sektor te bemagtig om gedragsrisiko beter te verstaan en te bestuur.

Bestuurskubernetika

Die Bestuurskubernetika*-navorsingsentiteit is tot stand gebring om samewerking tussen die akademie en die bedryf te optimaliseer en bestuur en ingenieurswese daarby te inkorporeer.