Welkom by die Skool van Toerismebestuur

Die beduidende groei in die toerisme-industrie oor die afgelope paar jaar open verskeie geleenthede vir werksgeleenthede. Toerismebestuurders en -bemarkers is nie net ambassadeurs vir Suid-Afrika nie, maar fasiliteer ook groei deur produkontwikkeling, bestuur en bemarking. Hierdie skool sal u dus voorberei vir ʼn dinamiese industrie waar u u idees, vaardighede en vermoëns kan toepas.

As toerismebestuurder sal u verantwoordelikhede die volgende insluit:

  • Die bestuur van toerismeprodukte soos akkommodasie-ondernemings, natuur-attraksies, geleenthede, uitstallings en vele meer.
  • Die bemarking van verskillende toerisme-sektore deur verskeie kreatiewe metodes.
  • Kommunikasie met openbare en private sektore relevant tot die toerisme-industrie.
  • Kommunikasie met plaaslike operateurs, die media en ontwerpers.
  • Onderneming van marknavorsing met lede van die publiek en besoekers om optimale blootstelling en bewustheid van toerisme-produkte en -aktiwiteite te verseker.