Karin Botha

Profile
Title
Prof
Karin Botha
Job title
Professor
Telephone
+27 18 299 4219
E-mail
Karin.Botha@nwu.ac.za
Physical address
Gebou E3, Kamer 224
Campus
Potchefstroom
Qualifications

PhD, MCom, BCom Hons, BCom

Expertise
Gebeurtenis bemarking, aankoopgedrag
Background

PROF K BOTHA

Karin Botha is ʼn medeprofessor i die Skool vir Toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit (.Sy verwerf in 2003 haar graad in Toerismebestuur en Sielkunde, gevolg deur haar honneursgraad in 2004, MCom in 2009 en PhD in 2012, almal in Toerismebestuur. As navorser in die entiteit TREES (Tourism Research in Economic Environs and Society) fokus Karin se spesiale belangstelling en navorsingskundigheid op die bemarking van geleenthede; spesifiek in die veld van verbruikersgedrag en verbruikerprofilering by kunste-, kultuur- en kulinêre geleenthede. Karin was al betrokke by verskeie navorsingsprojekte/-opnames, veral ten opsigte van die Suid-Afrikaanse fees- en gebeure-industrie. Sy publiseer nasionaal en internasionaal artikels in eweknie-geëvalueerde akademiese joernale en geakkrediteerde konferensieverrigtinge in hierdie veld, en het al haar navorsingsbevindings by konferensies in Suid-Afrika en oorsee voorgelê.  Sy is aktief betrokke as studieleier vir nagraadse studente, eksaminator vir meestersgraad- en PhD-studente, en hersien dikwels artikels/referate vir akademiese joernale en konferensies. Karin het al hoofstukke in eweknie-geëvalueerde toerisme-handboeke bygedra, en is betrokke by die ontwikkeling van studiemateriaal vir Toerisme-vakke by die Universiteit.  In 2008 en 2012 ontvang sy ʼn Institusionele Toekenning vir Onderrig Uitnemendheid (ITOU) in die hoogste A-gegradeerde kategorie vanaf die Universiteit, sowel as twee toekennings vir die beste referaat by internasionale akademiese konferensie. Sy is ook ʼn lid van die Golden Key International Society en die Southern Africa Institute for Management Scientists (SAIMS).