Alumni
Die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur se MBA is geakkrediteer deur die Association of MBAs (AMBA). Vir ons beteken hierdie meer internasionale geloofwaardigheid en prestige – vir ons studente die waarborg dat hul sake-opleiding sal voldoen aan die opperste internasionale standaarde.
Alumni-vereniging van die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur
Alumni by die NWU word deur die Alumni-kantoor bestuur en ontvang kommunikasie direk vanaf hierdie kantoor. Kommunikasie word gerig vanaf die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur na hierdie kantoor, vanwaar dit aan alumni versprei word. Dit sluit verskeie nuusbriewe, kennisgewings en gebeurtenisse soos prestige-dae, opedae, en ander bemarkingsgeleenthede, soos deur die NWU aangebied, in.
Datum van totstandkoming:
1998
Grootte van vereniging:
2100
President van die Alumni-vereniging:
2013: Mnr Dewald Olivier
Lys van hoofdienste:
- Alumni van die NWU kan by die konvokasie aansluit om meer insette ten opsigte van die aksies van die Universiteit te hê.
- Alumni wat buitengewone prestasies behaal, word ook vereer gedurende ʼn alumni-toekenningseremonie wat deur die Institusionele Kantoor gekoördineer word.
Die NWU se Loopbaansentrum bied ook bepaalde dienste aan alumni:
- Alumni kan mentors wees
- Alumni kan gassprekers wees
- Alumni kan gasheer vir ʼn intern wees
Ander dienste wat deur die NWU se Loopbaansentrum aangebied word:
- Advertensies op Online Career Portal (CareerZone)
- Kampus-promosies
- Loopbaanfeeste
- Bespreking van onderhoudvertrekke
- Werkgewerverteenwoordigings
MBA-spesifieke dienste:
- Alumni word genooi na prestige-dae en ander geleenthede soos ekspo’s.
- Alumni word op hoogte gehou van nuwe ontwikkelings by die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur.
- Alumni ontvang nuusbriewe en ander kommunikasie vanaf die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur.
- Alumni wat uitstekend vaar in die MBA-program of wat presteer in die sakewêreld word jaarliks deur die Direkteur genooi na die SABSA-sake-ontbyt, wat deel uitmaak van die SABSA Business School Expo in Sandton.
- Alumni-voorsitters is ook gassprekers gedurende die jaarlikse MBA-dinee en verwelkom ook die graduandi wat alumni word.
- Alumni is betrokke by sekere projekte en dienste.
- Alumni ontvang ook deurlopend kommunikasie vanaf die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur op sosiale netwerkplatforms soos Twitter en Facebook.
Kontak ons
Opdateer u persoonlike inligting hier (webskakel: http://nwualumni.mobi/login.php)
Navrae ten opsigte van die opdatering van inligting: Kontak asseblief vir Yolandi Haasbroek via e-pos by yolandi.haasbroek@nwu.ac.za of skakel 018 299 2768 of faks na 087 231 5354.