Besigheidskool-Toets

Oorsig

By die NWU Besigheidskool streef ons daarna om die manier te verander waarop ons studente oor besigheid dink. Ons wil hê dat ons studente bestuurders en leiers in eie reg word; dat hulle met werklike vaardighede, internasionale akkreditasie en baanbrekernavorsing hier sal wegstap.

Die NWU Besigheidskool het drie leweringspunte, naamlik in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark. Met ons internasionaal-geakkrediteerde MBA streef ons daarna om aan ons studente ’n voorsprong te gee in ’n sakeomgewing wat voortdurend verander. Die instelling bied in ons vlagskipprogramme – die MBA asook die Nagraadse Diploma in Bestuur – verskeie opsies ten opsigte van taal en leweringsmodusse.

Ons streef ook daarna om ons stempel op die Afrika-kontinent af te druk – dit is vir ons ’n prioriteit! Die NWU Besigheidskool op die kampus in Mahikeng het baie ervaring in die opleiding van openbaresektorbestuurders verkry.  Ons streef daarna om ’n besigheidsin onder senior bestuurders in daardie sektor te bevorder.

Ons wil ’n skool wees wat nie net internasionaal geakkrediteer is nie, maar ook internasionaal erkenning vir sy kwaliteit te geniet. 

Ons wil studente lewer wat die vermoë het om strategies te dink en om gevolglik strategiese leiers te word. 

Suid-Afrika het ook entrepreneurs nodig, en ons bevorder entrepreneurskap in al sy vorms.