PhD

PHD

Die PhD-program van die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur is ʼn navorsingsdoktorsgraad van uitstaande kwaliteit. Daar word van voornemende kandidate verwag om ervaring en beheer van die doktorale studie te toon. Die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur poog om die keuringsproses deursigtig te maak, maar moet ook uitstaande navorsing lewer.

Dus word pogings op deurlopende basis aangewend om publikasies vanuit die proefskrifte in geakkrediteerde joernale te publiseer. Die rede hiervoor is natuurlik voor die hand liggend – die navorsing is relevant, aktueel en streef ʼn sterk fokus op besigheid na – en behoort dus in die wyer akademiese hoofstroom geabsorbeer te word.
Die NWU Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur het ook ʼn bewese navorsingsvoetspoor wat spruit vanuit hierdie filosofie ten opsigte van navorsing en publikasie, Hierdie sluit nie net artikel in nie, maar ook geakkrediteerde konferensie-referate.

Die studie self moet getuig van uitnemende navorsing, ʼn definitiewe akademiese bydrae sowel as ʼn bydrae tot besigheid. Omdat die studie by ʼn Besigheidskool uitgevoer word, word verwag dat die PhD-graad, bo en behalwe ander akademiese vereistes, ʼn fokus op besigheid hê.

Die keuringsproses is streng en die keuringspaneel neem kennis van die bovermelde faktore sowel as ander regdeur die keurigsproses.
Dit is byvoorbeeld prosedure om vroeg in die proses deel te neem aan ʼn keuringsonderhoud waartydens die agtergrond van die studie bepaal word.

 

Sites of delivery