Oorsig
Die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus wil bekend wees vir navorsing wat praktiese besigheidsoplossings met wetenskaplike bydraes in die breër veld van bestuur oplewer. Die Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur bestaan uit navorsingsbondels in die veld van Bestuur. Hierdie bondels vorm die basis vir gefokusde sowel as geïntegreerde navorsing in hierdie bondels wat die volgende velde dek:
Mensehulpbronbestuur fokus op:
Diversiteitsbestuur, werksplek-afknouery en konflikhantering, organisasiegedrag en leierskap, werkbetrokkenheid, vertroue-opbouing en emosionele intelligensie.
Finansiële bestuur fokus op:
Welvaartskepping, en waarde-gebaseerde bestuur.
Algemene bestuur dek:
Strategiese bestuur, bemarkingsbestuur, arbeidsekonomie en die bestuur van inligtingstegnologie in organisasies.
Entrepreneurskap fokus op:
Familiebesighede en korporatiewe entrepreneurskap en entrepreneurskapsnetwerke.
Kontakbesonderhede
Vir Bestuursrekeningkunde kontak Prof. Anet Smit
Vir Entrepreneuriese navorsing kontak Prof SP van der Merwe
Vir Finansiële bestuursnavorsing kontak Prof Ines Nel
Vir Bemarkingsbestuur kontak Prof CA Bisschoff