
PhD
Prof Elmarie Slabbert is ʼn professor in Toerismebestuur aan die Skool vir Toerismebestuur, Noordwes-Universiteit (Suid-Afrika). Sy voltooi in 2005 haar PhD en is tans een van die senior navorser by TREES, met ʼn fokus op reisgedrag, die sosiokulturele impak van toerisme sowel as bemarkingsaspekte. Elmarie is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Bestuurswetenskaplikes en adjunk-voorsitter van die Tourism Educators of South Africa. Sy was reeds outeur en mede-outeur van 37 eweknie-geëvalueerde artikels, agt konferensiereferate en, sedert 2005, het 34 meestergraad- en 19 doktorsgraadstudente hul studies suksesvol onder haar leiding voltooi. Sy dien tans op die Navorsingsforum van die Minister van Toerisme. In 2013 was sy tweede in die Women in Science-toekenning wat deur die Departement Wetenskap en Tegnologie toegeken word. Oor die afgelope vyf jaar het sy deel uitgemaak van die 20% aan die Noordwes-Universiteit, en ontvang die toppresteerder-toekenning.