Meestersgraad


 

Magister Educationis (MEd) in Opleiding en Ontwikkeling (Master of Education (MEd) in Training and Development)  

Studente wat vir hierdie graad in Opleiding en Ontwikkeling inskryf, sou al die teorie van mensehulpbronontwikkeling (MHO) deur hulle voorgraadse studies bemeester het, maar deur hulle uitgebreide ervaring sou hulle ook eerstehandse ervaring opgedoen het van MHO-kwessies wat op die MHO-gebied hanteer moet word en waarin navorsing moontlik is, en op daardie manier tot vaardigheidsontwikkeling op ’n nasionale vlak kan bydra. Die meestersgraad in Opleiding en Ontwikkeling dien ook as voorbereiding vir die PhD in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (met spesialisering in Mensehulpbronontwikkeling).

Hierdie graad word slegs op ’n deeltydse basis aangebied en bestaan uit ’n volle navorsingsverhandeling. 

Waarom ons?

Dit is die enigste graad van sy soort in Suid-Afrika, en ons verseker ’n optimale navorsingservaring deur van studieleiers met ’n bewese navorsingsrekord in MHO gebruik te maak. 

Toelatingsvereistes

Om vir die meestersgraad in Opleiding en Ontwikkeling (NKR-vlak 9) in te skryf, moet jy:

  • ’n Voorgraadse en ’n honneursgraad in Mensehulpbronontwikkeling hê.
  • Ten minste sewe jaar werkservaring, verkieslik as ’n senior MHO-kundige, hê.
  • ’n Gemiddelde van ten minste 65% in die honneursgraad behaal het.
  • Ten minste 65% in die navorsingsmodules (FOER 611; OPLN 612; RSPR 671) hê.

Toelating hang ook af van die kapasiteit in die program.  

Leweringsmodus

Hierdie graad word slegs op ’n deeltydse basis aangebied, en is dus geskik vir studente wat voltyds werk. Dit word slegs op die Potchefstroomkampus en slegs in Engels aangebied. Die volle komponent van die graad is navorsing om aan studente wat voltyds werk die geleentheid te bied om navorsingsaspekte/-kwessies ten opsigte van MHO te ondersoek soos dit in die werkplek ervaar word.  

Hoe om aansoek te doen

Aansoeke kan slegs aanlyn op die NWU se aansoekportaal gedoen word. 

Aansoeke sluit op 30 September.