Jou Pad na Uitnemendheid
Verdiep jouself in die dinamiese reis- en gasvryheidsbedryf met ons Baccalaureus Artium-programme wat fokus op die spesialisering in Toerismebestuur. Verwerf die vaardighede om onvergeetlike ervarings te skep en groei in die dinamiese toerismebedryf aan te dryf. Berei voor om jou stempel af te druk in ʼn bedryf waar elke bestemming ʼn geleentheid is.
Ons BA Toerismebestuur-program bied nasionaal en internasionaal erkende modules, wat jou bemagtig met ʼn soliede grondslag in die teorie en praktyk van toerismebestuur deur die bevordering van volhoubare toerisme-ontwikkeling en -bestuur. Hierdie driejaarprogram sal jou toerus met die kundigheid om ʼn toerismekenner te word en jou voorberei vir ʼn suksesvolle loopbaan in die toerismebedryf.
Programhoogtepunte:
- Volhoubare Lewenswyses: Evalueer inligting oor volhoubare lewenspatrone, omgewingsverantwoordelikheid, en bewaring binne die toerismebedryf.
- Ekonomiese en Maatskaplike Voordele: Verbeter die samelewing en die ekonomie deur geleenthede vir selfindiensneming te verhoog, mikro-ondernemings te onderhou, en algehele sosiale en ekonomiese produktiwiteit te bevorder.
- Gemeenskapsbetrokkenheid: Werk doeltreffend met ander saam deur standaarde te verhoog en kwessies van regstelling en demokratisering binne gemeenskappe aan te spreek, veral onder jongmense, werkloses, en gemeenskapslede.
- Kulturele Sensitiwiteit: Demonstreer kritiese begrip en waardering van kulturele en estetiese sensitiwiteit oor ʼn verskeidenheid van sosiale kontekste heen.
- Om ʼn reeks werksgeleenthede te verseker, kan jy kies tussen Ontwikkelingstudies of Kommunikasiemodules, wat jou kennis en vaardighede oor die loop van drie jaar sal uitbrei.
Kernvakke
Modules sluit onder meer in:
- Hulpbronbestuur
- Toerisme-/Gebeurtenisbestuur
- Toegepaste toerisme-/gebeurtenisbestuur
- Toerismebemarking
- Toerismeontwikkeling
Graadopsies
BA met Toerismebestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Mahikeng [M] kampus aangebeid
- Kurrikulumkode 1GBH02
BA Sielkunde met Toerismebestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Potchefstroom [P] kampus aangebied
- Kurrikulumkode: 1GBH11
BA Gesondheidswetenskappe met Rekreasiekunde en Toerismebestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Potchefstroom [P] kampus aangebied
- Kurrikulumkode: 8DJH06
Toelatingsvereistes
BA met Toerismebestuur
- APS: 22
- English vlak 4 (50% of meer)
BA Sielkunde met Toerismebestuur
- APS: 26
- Wiskunde: Vlak 3 (40% of meer) OF Wiskundige geletterdheid vlak 5 (60-69%)
BA Gesondheidswetenskappe met Rekreasiekunde en Toerismebestuur
- APS: 24
- English vlak 4 (50% of meer)
Loopgeleenthede
Vir meer as 'n dekade het ons gegradueerdes hul merk in beide die private en openbare sektor gemaak en suksesvolle loopbane oor 'n wye reeks rolle gebou, insluitend:
- toerismebestuur en -bemarking
- gastehuis-, hotel- en wildplaasbestuur
- geleentheids- en ervaringskoördinering
- kliënte-ervaring en gasverhoudingsbestuur
- toerismekonsultasie en -opleidingsfasilitering
- kulturele, erfenis- en gemeenskapstoerisme-ontwikkeling
- volhoubare en ekotoerismekoördinering
- toerisme- en gasvryheidsnavorsing en -analise
- welstand- en toevlugsoordkoördinering
- reis- en toerismesielkunde (met verdere studies)
- menslike hulpbronondersteuning in die toerisme- en gasvryheidsektore
- akademiese en adviserende rolle, insluitend dosente, navorsers en konsultante
Ons alumni vorm die toekoms van toerisme deur innovasie, insig en bedryfsgereed vaardighede te kombineer om onvergeetlike ervarings te skep en volhoubare groei te dryf.
Nagraadse studies
- BCom Hons in Bestuurswetenksappe met Toerismebestuur
- MCom in Toerismebestuur
- PhD in Toerismebestuur