Jou Pad na Uitnemendheid
Die toerismespan by die NWU is op die voorpunt van toerismeopleiding in Suid-Afrika. Ons bly op hoogte van nuwe verwikkelings deur gereelde kontak met die industrie, navorsingsprojekte en konsultasies, om te verseker dat ons studente nie agter raak nie. Ons BCom Toerismebestuur-programme rus jou toe met die vaardighede om ʼn toerismeonderneming te bestuur en die belangrikheid van toerisme in Suid-Afrika se groeiende ekonomie te verstaan. Jy sal leer hoe om jou eie – of iemand anders se – toerismebesigheid te ontwikkel en te bestuur, en só by te dra tot die land se ontwikkeling.
Trek voordeel uit die kundigheid van hoteleienaars, konferensiebestuurders, en gebeurtenisbestuurders wat gereeld hul kennis en vaardighede met ons studente deel. Terreinbesoeke aan hul ondernemings bied praktiese leerervarings. Hierdie praktiese blootstelling, gekombineer met ekonomiese insigte, berei jou voor om die toerismebedryf in Suid-Afrika te laat groe
Na voltooiing van die driejaarprogram sal jy in staat wees om 'n toerisme-onderneming te bestuur. Tog sal jy ook die belangrikheid van toerisme in die groeiende ekonomie van Suid-Afrika verstaan, en jy sal dit tot voordeel van die land kan ontwikkel. Ons fokus op die ontwikkeling van u vaardighede en kennis om sodoende u eie of ʼn ander toerismebesigheid te kan ontwikkel en bestuur. Onder andere sal u die volgende leer:
-
Ontwikkel en bestuur u eie akkommodasie-onderneming;
-
Ontwikkel, bemark en bestuur gebeurtenisse;
-
Optimeer die natuur as toerisme-attraksie; en
-
Verstaan die toerisme-ekonomie en hoe dit bydra tot groei in Suid-Afrika.
Om ʼn reeks indiensnemingsgeleenthede te optimeer, kan u kies tussen Ekonomie of Internasionale Handel-modules wat u kennis en vaardighede oor ʼn tydperk van drie jaar sal uitbrei.
Kernvakke
Modules sluit onder meer in:
- Hulpbronbestuur
- Toerisme/gebeurtenisbestuur
- Toegepaste toerisme-/gebeurtenisbestuur
- Toerismebemarking
- Toerismeontwikkeling
Graadopsies
BCom in Bestuurswetenskappe met Toerismebestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Potchefstroom [P] kampus aangebied
- Kurrikulumkode 5FPH05
BCom in Bestuurswetenskappe met Toerisme- en Rekreasievaardighede
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Potchefstroom [P] kampus aangebied
- Kurrikulumkode: 5FPH04
BCom in Bestuurswetenskappe met Bemarking en Toerismebestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Word op die Mahikeng [M] en Potchefstroom [P] kampusse aangebied
- Kurrikulumkode 5FPH05
Toelatingsvereistes
BCom in Bestuurswetenskappe met Toerismebestuur
- APS: 24
- Wiskunde: Vlak 3 (40%)
- Afrikaans/ Engels Vlak 4 (50% of meer)
BCom in Bestuurswetenskappe met Toerisme- en Rekreasievaardighede
- APS: 24
- Wiskunde: Vlak 3 (40%) OF Wiskundige geletterdheid vlak 6 (70-79%)
- Afrikaans/ Engels Vlak 4 (50% of meer)
BCom in Bestuurswetenskappe met Bemarking en Toerismebestuur
- APS: 24
- Wiskunde: Vlak 3 (40%) OF Wiskundige geletterdheid vlak 6 (70-79%)
- Afrikaans/ Engels Vlak 4 (50% of meer)
Loopbaangeleenthede
Hoewel hierdie kwalifikasie aan graduandi toegang tot die hele toerisme-industrie bied, is BCom-kwalifikasies gefokus op die bestuur van die industrie en besighede. Dit skep spesifieke toegang tot loopbane soos toerisme-ekonome, toerismebestuurders, bemarkers, navorsers, dosente, konsultante, akkommodasiebestuurders en geleentheidsbestuurders in beide private en openbare ondernemings.
- Toerisme- en bestemmingsbemarking
- Toerismebemarkingsbestuurder
- Bestemmingsbemarkingspesialis
- Hotel-, oord- en gasvryheidsbemarkingsbestuurder
- E-handel- en aanlynreisspesialis
- Openbare betrekkinge- en handelsmerkbestuurder (toerismesektor)
- Borgskap- en handelsmerkvennootskapbestuurder
- Bestuur en bedrywighede
- Toerismebestuurder
- Reisagentskapbestuurder
- Toerbedryfsbestuurder
- Korporatiewe reisbestuurder
- Gastehuis- en verblyfbestuurder
- Wildplaasbestuurder
- Geleentheids- en feeskoördineerder
- Strategiese ontwikkeling en advies
- Bestuurder van toerismeprodukontwikkeling
- Toerismekonsultant
- Toerisme-ekonoom
- Toerisme-navorsingsontleder
- Akademiese en opleidingsrolle
- Dosent in toerisme of gasvryheid
- Toerisme navorser
- Konsultant of opleier in toerisme en gasvryheid
Nagraadse studies
- BCom Hons in Bestuurswetenksappe met Toerismebestuur
- MCom in Toerismebestuur
- PhD in Toerismebestuur