Rekeningkundige Wetenskappe - Tuis

 

Die Noordwes-Universiteit bied programme, ontwerp vir studente wat graag geoktrooieerde rekenmeesters, professionele rekenmeesters of bestuursrekenmeesters wil word, op drie kampusse, naamlik die Mahikengkampus geleë in Mahikeng, die Potchefstroomkampus en die Vanderbijlparkkampus, Forensiese Rekenmeesterskap word ook in Potchefstroom aangebied, sowel as ʼn algemene rekeningkundige graad in Vanderbijlpark. By die Skool vir Rekeningkundige Wetensklappe het ons toepaslik gekwalifiseerde personeel, meeste van wie lede is van die South African Institute of Chartered Accountants (SAICA), the South African Institute of Professional Accountants (SAIPA) en/of die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA). Dit maak dit vir ons moontlik om aan studente praktiese, eerstehandse ervaring te bied op hul reis tot die volgende generasie rekenmeesters, ouditeure, direkteure, entrepreneurs en belangrike rolspelers in hul gemeenskappe. 

Studierigtings (Kwalifikasies)

Hierdie is een van die Universiteit se vlagskipprogramme, wat geakkrediteerd is by die South African Institute of Chartered Accountants (SAICA).

Geoktrooieerde Rekenmeesterskap

Hierdie professioneel-geakkrediteerde program is ontwerp om studente toe te rus met kennis en vaardighede om professionele rekenmeesters in openbare praktyk en besigheid te word. 

Finansiële Rekeningkunde

Bestuursrekeningkunde behels die kontraktering, analise, kommunikasie en gebruik van finansiële en nie-finansiële inligting wat relevant is tot die neem van begronde besigheidsbesluite om waarde vir organisasies te genereer en te preserveer.  

Bestuursrekenmeesterskap

Die NWU se Program in Forensiese Rekenmeesterskap bied ʼn reeks unieke en gesogte grade en kortleerprogramme in die opwindende en groeiende veld van forensiese rekenmeesterskap. 

Forensiese Rekenmeesterskap

Hierdie is ʼn algemene akademiese rekeningkundige kwalifikasie ontwerp om studente toe te rus met bestuurs- en rekeningkundige vaardighede.

Rekeningkunde (algemeen)