Jou roete om integriteit te beskerm, die waarheid bloot te lê en finansiële misdaad te bekamp
Is jy passievol daaroor om korrupsie, finansiële verslagdoeningsbedrog en ekonomiese misdaad op te spoor? Wil jy vaardighede ontwikkel om komplekse finansiële wangedrag te ondersoek en betekenisvol by te dra tot die beskerming van beide openbare en privaatsektor hulpbronne?
By die Noordwes-Universiteit (NWU) bemagtig ons Program vir Forensiese Rekenmeesterskap studente met die kundigheid om finansiële ondersoeke in vandag se vinnige en komplekse wêreld te lei. Met 'n toegewyde span kundiges – insluitend geoktrooieerde rekenmeesters, regslui, interpersoonlike- en forensiese IT spesialiste – berei hierdie multidissiplinêre program studente voor om finansiële misdaad met selfvertroue aan te pak.
Waarom Forensiese Rekenmeesterskap by die NWU?
- Multidissiplinêre benadering: Integreer rekeningkunde, reg, ondersoektegnieke, digitale forensiese tegnologie en interpersoonlike vaardighede.
- Bedryfsgerigte inhoud: Ontwikkel in samewerking met top forensiese professionele persone, regulatoriese liggame en industriekenners.
- Regte gevallestudies: Bestudeer plaaslike en internasionale sake soos Steinhoff, Madoff en Suid-Afrika se Staatskaping.
- Professionele voorbereiding: Ontwerp vir voornemende forensiese rekenmeesters, ouditeure, ondersoekers en nakomingsbeamptes.
- Sterk akademiese ondersteuning: Kry voordeel uit kundige dosente, digitale leerhulpbronne en gaslesings uit die bedryf.
Kernvaardighede wat jy sal ontwikkel
- Rekeningkundige en ouditkundigheid - Analiseer finansiële state, identifiseer bewyse om bedrieglike transaksies te ondersoek.
- Ondersoektegnieke - Voer onderhoude, versamel bewyse, voer leefstyloudits uit en pas OSINT (Open-Source Intelligence) toe.
- Digitale forensiese- en data-analise - Spoor bedrog in groot datastelle op en verkry digitale bewyse van verskeie stelsels en toestelle.
- Kommunikasie en verslagskryf - Berei objektiewe forensiese verslae voor en kommunikeer bevindinge duidelik aan regspanne, kliënte en howe.
- Litigasie-ondersteuning - Stel verslae van kundige getuies saam, getuig geloofwaardig en pas siviele- en kriminele prosedures toe om regsuitkomste te ondersteun.
Akademiese aanbod
NWU is die enigste universiteit in Suid-Afrika wat 'n toegewyde voorgraadse- en nagraadse program in Forensiese Rekenmeesterskap aanbied.
Voorgraadse graad
BCom Forensiese Rekenmeesterskap
Tydsduur: 3 jaar (voltyds)
Kampus: Potchefstroom
Kurrikulumkode: 5DDH01
Toelating: APS 36 | Wiskunde Vlak 5 (60–69%) | Taal Vlak 5 (60–69%)
Honneursgraad
BCom Honneurs in Forensiese Rekenmeesterskap
Tydsduur: 1 jaar (voltyds)
Toelating: Voltooiing van BCom in Forensiese Rekenmeesterskap
Nagraadse studieroete
Vorder met jou studies met 'n Meestersgraad (MCom) of 'n PhD in Forensiese Rekenmeesterskap. Ons bied ook kortleerprogramme aan en dra aktief by tot akademiese navorsing.
Akkreditasie en professionele liggame
Institute of Commercial Forensic Practitioners Vir meer inligting besoek hul webwerf: |
![]() |
The Association of Certified Fraud Examiners (ACFE), South African Chapter Vir meer inligting besoek hul webwerf: |
![]() |
South African Institute of Chartered Accountants Let wel: Die BCom Forensiese Rekenmeesterskap word ook geakkrediteer deur die South African Institute of Chartered Accountants (SAICA) indien bepaalde addisionele modules suksesvol voltooi word. |
![]() |
Association of Chartered Certified Accountants (ACCA) Die BCom Forensiese Rekenmeesterskap graad gee studente die geleentheid om vrystellings te verkry vir tot en met nege fondasie vlak eksamens vanaf ACCA, indien bepaalde addisionele modules suksesvol voltooi word. Vir meer inligting besoek hul webwerf: |
![]() |
Loopbaanmoontlikhede
Gegradueerdes is in aanvraag in verskeie sektore:
- Professionele firmas: PwC, EY, Deloitte, KPMG
- Korporatiewe kliënte: Nedbank, FNB, Sasol, Investec
- Regspraktyke: Bowmans, Webber Wentzel
- Forensiese firmas: Nexus Forensics, Salient, Ligwa, Abacus, Stoneturn
- Regulerende liggame: FIC, SIU, FSCA, Suid-Afrikaanse Reserwebank
Nagraadse Studies
Nagraadse studies in Forensiese Rekenmeesterskap sluit in:
-
BCom Honneurs
Die nagraadse studies word aangebied op
-
Potchefstroom [P]
Brosjure
Kry die nuutste brosjure oor Forensiese Rekenmeesterskap hier