Mensehulpbronontwikkeling

Die MHO-program is ʼn lid van die Program Excellence Network (PEN) van die Internasionale Akademie vir Mensehulpbronontwikkeling. Dié netwerk is verbind tot die versterking van MHO-akademiese programme en die bevordering van uitnemendheid in die onderrig van MHO. Dit bied ʼn forum vir sy lede om te verken, te leer en saam te werk om die toekomstige rigting van MHO-onderwys te vorm. Dit sluit professionele ontwikkeling sowel as die bevordering van die geleerdheid van onderrig in.

Waarom hierdie graad?

Ons BA-graad in Mensehulpbronontwikkeling (Bachelor of Human Resource Development, BHRD) met spesialisering in Mensehulpbronontwikkeling fokus op die verbetering van die kundigheid en vaardighede van praktisyns in mensehulpbronontwikkeling (MHO) in die privaat en openbare sektor. 

Ons graad is tans die enigste voorgraadse graad van sy soort in Suid-Afrika. Dit is ’n gespesialiseerde professionele graad en is ontwerp vir diegene wat reeds as opleiers in diens is, en bewyse van huidige opleidingservaring (nie mensehulpbronbestuur of onderrigervaring nie) moet vir toelating verskaf word. 

Kernvakke

Ons vakke word deur hoogs opgeleide akademiese en bedryfskundiges aangebied en is daarop gemik om studente optimale blootstelling aan relevante, toepaslike vakinhoud te gee:  

  • Inleiding tot mensehulpbronontwikkeling 
  • Leer, motivering en prestasie
  • Mensehulpbronontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks
  • Volwasse leer
  • Mentorskap en afrigting
  • Behoefteontleding en ontwerp
  • Lewering van leerintervensies
  • Inleidende navorsingsmetodologie
  • Assessering in ’n beroepskonteks 
  • Moderering in ’n beroepskonteks 
  • Navorsing in mensehulpbronontwikkeling
  • Vaardigheidsontwikkeling in ’n beroepskonteks
  • Ontwerp van leerprogramme
  • Organisatoriese leer en ontwikkeling
  • Eietydse kwessies in mensehulpbronontwikkeling
  • Bestuur van mensehulpbronontwikkeling
  • Evaluering van opleidingsdoeltreffendheid
  • Gehaltebeheer in opleiding en ontwikkeling 

Waarom ons?

Ons maak gebruik van dosente wat nie net self hierdie graad op nagraadse vlak verwerf het nie, maar wat ook kundige praktisyns (met etlike jare ervaring) in opleiding en ontwikkeling is. 

Studente kry tydens kontaksessies die geleentheid om netwerke te vorm en probleme wat hulle op die gebied van opleiding ervaar, te bespreek met kollegas wat ook opleiers in verskillende werkplekke is. Ons het ook internasionale studente wat vir hierdie graad ingeskryf is. Die onderrigtaal (Engels) maak hierdie graad toeganklik vir almal wat aan die toelatingsvereistes voldoen. 

Toelatingsvereistes

  • TPT van 20
  • Minimum van drie jaar werkservaring as ’n opleier

Om tot hierdie program toegelaat te word, is die volgende vereistes van toepassing:

  • Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek) met universiteitsvrystelling.
  • Ten minste drie jaar werkservaring as ’n opleier op die gebied van MHO.
  • Internettoegang, aangesien opdragte elektronies ingedien moet word.     

Kampusse

Ons graad is gerieflik, aangesien dit op ’n beperkte kontakbasis (drie weke per jaar) aangebied word.

Dit sal jou die geleentheid bied om te studeer terwyl jy werk en die teorie onmiddellik in die werkplek toe te pas. Alle opdragte word deur ons intranet ingedien en jy kan jou eksamen by ’n eksamensentrum naaste aan jou skryf.

Let asseblief daarop dat hierdie graad slegs op die Potchefstroomkampus aangebied word.

Kwalifikasie

[Qualification 5FQH01]

Brosjure

Laai ons brosjure hier af!

Hoe om aansoek te doen

Aansoeke kan slegs aanlyn op die NWU se voorgraadse aansoekportaal gedoen word.

Aansoeke sluit op 30 September.