Doktorsgraad

Philosophiae Doctor (PhD) in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met spesialisering in Mensehulpbronontwikkeling (Doctor of Philosophy (PhD) in Economic and Management Sciences with specialisation in Human Resource Development)

Die Philosophiae Doctor (PhD) in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met spesialisering in Mensehulpbronontwikkeling sal jou in staat stel om ’n nasionale en internasionale bydrae tot die vakkundige korpus te lewer. Jou uitgebreide ervaring in mensehulpbronontwikkeling (MHO) en breë en gedetailleerde kennis (voorgraadse, honneurs- en meestersgraad in Mensehulpbronontwikkeling) sal vir jou toegang tot die program verleen, wat jou verder in staat sal stel om navorsingskwessies in die werkplek te identifiseer en daaroor navorsing te doen.

Waarom ons?

Dit is die enigste graad van sy soort in Suid-Afrika, en ons verseker ’n optimale navorsingservaring deur van studieleiers met ’n bewese navorsingsrekord in MHO gebruik te maak. 

Toelatingsvereistes

Om vir die PhD in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met spesialisering in Mensehulpbronontwikkeling (NKR-vlak 10) in te skryf, het jy die volgende nodig:

  • ’n Voorgraadse, ’n honneurs- en meestersgraad in Mensehulpbronontwikkeling.
  • Ten minste tien (10) jaar ervaring as MHO-kundige, verkieslik in ’n senior hoedanigheid.
  •  65% in jou meestersgraad.

Toelating hang ook af van die kapasiteit in die program.  

Leweringsmodus

Hierdie graad word slegs op ’n deeltydse basis aangebied, slegs in Engels en slegs op die Potchefstroomkampus.

Hoe om aansoek te doen

Aansoeke kan slegs aanlyn op die NWU se aansoekportaal gedoen word. 

Aansoeke sluit op 30 September.