Toerismebestuur en Rekreasiekunde

 

Die Toerisme- en Rekreasiespan aan die NWU is die leiers in hul onderskeie velde. Gereelde kontak met industrie, navorsingsprojekte en konsultasies hou ons aan die voorpunt van nuwe ontwikkelings wat u ook ʼn paar stappe voor die res sal hou.

Ons het ʼn Baie aktiewe Toerisme-studentevereniging, genaamd Excursio, wat ook verskeie geleenthede aan Toerisme-studente bied, waarvan een ʼn jaarlikse toer is. Word deel van die wenspan en neem deel aan die reis! Volg in ons voetstappe.

 

Oorsig

Na voltooiing van hierdie drie-jaar-program sal u in staat wees om ʼn toerismebesigheid te bestuur en te bemark, sowel as om ʼn rekreasiebestuurder te word.

U sal, onder andere, leer om u eie akkommodasie-onderneming te ontwikkel en bestuur, om geleenthede te bestuur, sowel as hoe om die natuur as toerisme-attraksie te optimeer. In Rekreasiewetenskappe sal u leer hoe om mense se vryetyd te bestuur. Hierdie program is vir daardie persone wat dit geniet om met mense te werk sowel as met ʼn liefde vir die buitelewe.

Verskeie hoteleienaars, rekreasiebestuurders en geleentheidbestuurders deel hul kennis en vaardighede met studente, en ons besoek ook hul besighede oor ʼn tydperk van drie jaar.

 

Toelatingsvereistes

  •  APS van 24
  • Wiskunde vlak 3 (40-49%) / Wiskunde Geletterdheid vlak 6 (70% of meer)
  • Addisionele vereistes as per Fakultiet se jaarboek/kalendar

 

Kampus

  • Potchefstroom [P]

Kwalifikasie

BCom met Toerismebestuur en Rekreasievaardighede

[Kwalifikasie 5FPH04 P]

 

Loopbaangeleenthede

Hoewel hierdie kwalifikasie aan graduandi toegang tot die hele toerisme-industrie bied, is BCom-kwalifikasies gefokus op die bestuur van die industrie en besighede. Dit skep spesifiek toegang tot loopbane soos toerisme-ekonome, toerismebestuurders, bemarkers, navorsers, dosente, konsultante, gastehuisbestuurders en geleentheidsbestuurders in beide private en openbare ondernemings.

Nagraadse studies

 

  • BCom in Bestuur met Toerismebestuur
  • MCom in Toerismebestuur
  • PhD in Toerismebestuur

Besoek gerus die nagraadse bladsy vir meer inligting.