
PhD, MCom, Hons, BCom
Lindie du Plessis spesialiseer in toerisme-mededingendheid en -bestuursaspekte. Sy is toegewyd aan die ontwikkeling van haar studente en volg ʼn innoverende benadering ten opsigte van klasaanbieding deur gemengde leer te integreer. Prof du Plessis is dinamies betrokke in die industrie deur bystand te verleen aan verskeie toerismeprojekte, soos die ontwikkeling van opleidingsmateriaal vir DEAT (Departement van Omgewingsake en Toerisme) sowel as NYDA (National Youth Development Agency). Sy is geakkrediteer deur CATHSSETA (voorheen bekend as THETA) as assessor, fasiliteerder, afrigter, mentor, ontwikkelaar en ontwerper. Prof du Plessis het ook al befondsing ontvang vanaf die NNS as deel van die Thuthuka-projek sowel as twee KIC-toelae om industrieverhoudings en navorsing te kweek. Sy was mede-outeur van ʼn boek vir die wildplaasindustrie genaamd: Hunting and game farm tourism (2013), wat ook deur studente gebruik word as die handboek TMBP321. Sy was ook verantwoordelik vir agt hoofstukke in verskeie toerisme-handboeke. As studieleier of promotor het sy suksesvol verskeie meestersgraad- en PhD-studente afgelewer, en is sy steeds by verskeie nagraadse studente. Sy het reeds meer as 20 geakkrediteerde artikel publiseer. Sy het al gedien op die redaksie van die Journal of Revenue and Pricing en was paneellid vir die Nasionale Departement van Toerisme. Sy is ook ʼn lid van AIEST (International Association of Scientific Experts in Tourism) en The Southern African Institute for Management Scientists. Sy is passievol oor die toerisme-industrie en tree op as voog vir Toerisme-honneursstudente met hul gemeenskapsprojekte om jaarliks geleenthede vir liefdadigheid te organiseer. Sy het haarself ook kwalifiseer as avontuurgids, toergids, gevorderde lewensredder, 4x4-gevorderde bestuurder en gids.