
PhD, MCom, BCom Hons, BCom.
Pierre-André Viviers is ʼn medeprofessor aan die Noordwes-Universiteit (NWU), Potchefstroomkampus. Hy behaal sy BCom Toerismegraad in Toerismebestuur in 2000 en sy BCom Honneursgraad in Toerismebestuur in 2001. Sy meestersgraad voltooi hy in 2006. Hy voltooi sy PhD in 2010, met die titel: Measuring community perceptions: An instrument for sustaining festivals. Gedurende sy akademiese loopbaan van 16 jaar aan die Noordwes-Universiteit, ontvang hy verskeie toekennings, naamlik ʼn (A-gradering) ITOU-toekenning vir onderriguitnemendheid vanaf die Noordwes-Universiteit in 2007 en 2013. Hy ontvang die Golden Key International Honour Society-toekenning as die beste dosent in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die Noordwes-Universiteit in 2007. In 2014 ontvang hy die Visekansellierstoekenning as die studieleier van die bester meestersgraad by die NWU. Pierre-André het reeds verskeie artikels in geakkrediteerde, nasionale en internasionale akademiese joernale publiseer, en het al referate gelewer by nasionale en internasionale konferensies, waar hy op drie geleenthede die toekenning vir beste referaat ontvang het. Sy hooffokus in onderrig en navorsing is gebeurtenistoerisme en bemarking.