BA met Toerismebestuur

 

BA Toerismebestuur 

Oorsig

Die BA Toerismebestuur-program bied nasionaal en internasionaal erkende modules wat u in staat sal stel om ʼn toerismekenner te word. Die drie-jaar-program sal aan u ʼn soliede basis bied in die teorie en praktyk van toerismebestuur deur die bevordering van volhoubare toerisme-ontwikkeling en bestuur. Dit sal u ook voorberei op ʼn suksesvolle loopbaan in die toerisme-industrie.

U sal, onder andere, leer om die volgende te doen:

  • Evalueer inligting ten opsigte van volhoubare lewenspatrone, omgewingsverantwoordelikheid en bewaring binne die toerisme-industrie;
  • Verskaf voordele aan die samelewing en die ekonomie deur selfindiensneming, die vermoë om mikro-ondernemings te handhaaf en die algehele sosiale en ekonomiese produktiwiteit te verbeter;
  • Werk effektief saam met ander deur teikengroepe soos jongmense, werkloses en gemeenskapslede te sensibiliseer tot die behoefte aan verbeterde gemeenskapslewe in terme van verhoogde standaarde en die aanspreek van aspekte van regstelling en demokratisering; en
  • Toon voldoende kennis en kritiese begrip van kulturele en estetiese sensitiwiteit regoor ʼn verskeidenheid sosiale kontekste.

Om ʼn reeks indiensnemingsgeleenthede te verseker, kan u kies tussen Ontwikkelingstudies OF Kommunikasie-modules wat u kennis en vaardighede oor ʼn tydperk van drie jaar gaan verbreed.

Toelatingsvereistes

  •  APS van 22
  • Engels vlak 4 (50-59%)
  • Addisionele vereistes as per Fakultiet se jaarboek/kalendar

Loopgeleenthede

Vir meer as ʼn dekade het ons graduandi gelewer wat hul merk in die private en openbare sektore gemaak het. Sommige is besigheidseienaars, entrepreneurs, professionele persone, direkteure en vele meer.

Kampus

Mahikeng [M]

Kwalifikasie

BA met Toerismebestuur

[Kwalifikasie 1GBH02 M]

Nagraadse studies

  • BA Hons in Toerismebestuur
  • BA Hons in Toerismebestuur met Erfenis- en Kultuurtoerismebestuur
  • MBA in Bedryfsadministrasie
  • PhD in Toerismebestuur

Besoek gerus die nagraadse bladsy vir meer inligting.