Esmarie Myburgh

Profile
Title
Dr
Esmarie Myburgh
Job title
Senior Lektor
Telephone
+27 18 299 1401
E-mail
21704724@nwu.ac.za
Physical address
Gebou E3, Kamer 222
Campus
Potchefstroom
Qualifications

BCom, BCom hons, MCom, PhD

Expertise
Sporttoerisme, sportgebeurtenisbestuur en -bemarking en sporttoerismeverbintenis
Background

Esmarie Myburgh verwerf haar BCom Kommunikasiebestuur-graad in 2012. In dieselfde jaar begin sy met haar BCom Toerismebestuur-honneursgraad en word sy as Toerisme-honneursassistent aangestel. Sy verwerf in 2013 haar honneursgraad (cum laude) en word aangestel as ʼn Toerisme-navorsingsassistent; in dieselfde jaar begin sy met haar MCom Toerismebesuur-graad en word aangestel as Toerisme-navorsingsassistent. Sy verwerf in 2014 haar MCom in Toerismebestuur (cum laude) en registreer in dieselfde jaar vir haar PD in Toerismebestuur, met die titel: Developing a commitment framework for sport tourism in South Africa. Sy het reeds verskeie navorsingsverslae onder leiding van prof Elmarie Slabbert geskryf, en verleen bystand in die samestelling van die 2013 Southern African Institute of Management Scientists (SAIMS)-konferensieverrigtinge. Esmarie het reeds verskeie artikels in geakkrediteerde nasionale en internasionale joernale publiseer, en lewer referate by nasionale en internasionale konferensies. In 2017 ontvang sy die toekenning vir tweede beste referaat by die ISCONTOUR Postgraduate Student Conference in Salzburg, Oostenryk. In dieselfde jaar word sy deur die NNS genomineer in die kategorie Navorsingsuitnemendheid van Volgende Generasie-navorser. In die tweede jaar wat Esmarie vir haar PhD geregistreer is, begin sy as tydelike dosent in die Skool vir Ondernemingsbestuur van die Noordwes-Universiteit werk. In Julie van 2017 word sy as lektor by die Skool vir Toerismebestuur aangestel. In haar kort loopbaan aan die NWU doseer Esmarie reeds vier voorgraadse modules, tree op as studieleier vir ses nagraadse honneursstudente se skripsies, en tree op as fakulteitsadviseur vir die studentevereniging Excursio. Esmarie is lid van die EU-befondsde projek Green Bubbles, wat op volhoubare skubaduik in Europa fokus. Sy poog om haar PhD-raamwerk toe te pas op skubaduikers wat deel van die projek uitmaak. In 2015 ontvang sy die Visekanselliersmedalje as die beste meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit in die kategorie Commerce. In dieselfde jaar ontvang sy die toekenning as beste nagraadse gepubliseerde joernaalartikel vanaf die navorsingseenheid TREES. Verder ontvang sy ook die toekennings as die beste magisterstudent en honneursstudent in Toerismebestuur sowel as beste magisterstudent in die Skool vir Ondernemingsbestuur.  Sy is ʼn lid van die Golden Key International Honours Society vir uitnemende akademiese prestasie.