Bestuurswetenskappe

Die Skool vir Bestuurswetenskappe is daarop gemik om 'n aantal toepaslike grade in die bedryf te bied wat individue in staat stel om 'n bemarkings- of kommunikasiebestuurder, besigheidsbestuurder of toerismebestuurder te word.

Ons modules is noukeurig beplan en word aangebied deur 'n dinamiese span dosente wat al praktiese ervaring in die sakewêreld opgebou het. Ons poog om 'n uitstekende teoriegebaseerde kurrikulum te lewer wat op 'n aktiwiteitsgebaseerde, praktiese wyse aangebied word, met addisionele blootstelling aan die werksomgewing.

Blaai deur ons verskillende studierigtings, en bel ons indien u verdere inligting benodig.

Studierigtings
 

Ondernemingsbestuur bestaan ​​uit die verweefde funksies van korporatiewe beleid en die bestuur van 'n organisasie se hulpbronne ten einde die doelstellings van die onderneming te bereik.

Ondernemingsbestuur

Bemarkingsbestuur is die organisatoriese veld wat fokus op die praktiese toepassing van bemarkingsoriëntering, tegnieke en metodes binne ondernemings en organisasies en so ook op die bestuur van 'n firma se bemarkingsbronne en -aktiwiteite.

Bemarkingsbestuur

Kommunikasiebestuurders is verantwoordelik vir die oordrag van 'n organisasie se interne en eksterne boodskappe.

 

 

Kommunikasiebestuur

Sportbestuur is die veld waar die besigheidsaspekte van sport en ontspanning bestuur en bemark word. 

 

Sportbestuur

Bestuur en bemark 'n toerismebedryf, of tree as bemarker in die algemeen op. Dit is hier waar jy jou kreatiwiteit kan uitleef in die ontwikkeling van bemarkingsplanne en materiaal vir toerisme- en ander besighede.

Bemarking- en Toerismebestuur

Veiligheidsbestuur

Die module-mengsel wat in hierdie program voorkom, dien om studente effektief voor te berei op die wêreld van bestuur, en spesifiek veiligheidsbestuur, en streef daarna om gegradueerdes in staat te stel om veiligheidsbestuurders te word.

Veiligheidsbestuur