Honours degree in Business Management

Agtergrond

Die BCom-honneursgraad in Besigheidsbestuur is ontwerp om studente se intellektuele en etiese vermoëns op ’n meer gespesialiseerde wyse te ontwikkel. Dit rus hulle toe met die vermoë om komplekse sake-omgewings te verstaan, krities en innoverend te dink, en ’n stewige grondslag te lê vir verdere spesialisasie deur gevorderde akademiese kwalifikasies.

Graadnaam

BCom Honneurs in Bestuurswetenskappe met Besigheidsbestuur (5EXL01)

Aanbiedingsplekke

Hierdie graad is kampus-belyn en word aangebied op die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampusse.

Aanbiedingswyse

Hierdie graad word slegs op ’n voltydse basis aangebied. Studente moet weeklikse kontakklasse bywoon op die kampus waar hulle geregistreer is. Geen deeltydse of afstandsonderrig-opsies is vir hierdie kwalifikasie beskikbaar nie.

Toelatingsvereiste

Verwys asseblief na die Nagraadse Jaarboek.

Sluitingsdatum vir 2026-inname

30 September 2025

Praat met ons

Indien u meer inligting oor hierdie graad benodig, kontak asseblief die programbestuurders vir Besigheidsbestuur:

 

Apply here  Yearbook