Oorsig
Die drie jaar voorgraadse kwalifikasie in Landbou-ekonomie, is daarop gemik om studente voor te berei vir die moderne landbou-omgewing – van die plaas tot by landbou-besigheid.
Dit bied ʼn kombinasie van Landbou-ekonomie saam met Ekonomie en Risikobestuur. Die Ekonomie-modules gaan oor die agtergrond waarteen die landbou-sektor werk: Mikro- en makro-ekonomie, ekonomiese beleid en ekonomiese analise. Die Landbou-ekonomie-modules sluit in:
- Landbou-rekordhouding en finansies
- Produksiebestuur
- Landbou-besigheidsbestuur
- Landboubemarking
- Hulpbron- en omgewingsekonomie
Die Risikobestuurmodules berei hierdie studente voor vir die finansiële risiko’s wat hulle binne die landbou-konteks in die gesig staar. Dit sluit in beleggingsbestuur en afgeleide instrumente (opsies en SAFEX-instrumente).
Landbou is ʼn besigheid en ons wil graag studente vir ʼn wye reeks uitdagings voorberei.
Kwalifikasie in die program
- BCom Lanbou-ekonomie en Risikobestuur
- Durasie: 3 jaar voltyds
[Kwalifikasie 5FKH04: Kurrikulum E302 P]
Toelatingsvereistes
- APS van 26
- Wiskunde vlak 4 (50% of meer)
- Engels vlak 4 (40% of meer)
- Addisionele vereistes mag van toepassing wees soos per die Fakultiet se jaarbook/kalendar
Kampus waar program aangebeid word
- Potchefstroom [P]
Loopbaanmoontlikhede
- Agri-besighede
- Landbouverwante markte (SAFEX handel)
- Risikobestuur
- Tesourie
Nagraadse studies
- BCom Hons in Ekonomie met Toegepaste Ekonomie
- BCom Hons in Ekonomie
- BCom Hons in Internasionale Handel
- BCom Hons in Logistiek
- BCom Hons in Operasionele Navorsing
- BCom Hons in Besigheidsstatistiek
- BCom Hons in Ekonomie met Risikobestuur
- BCom Hons in Vervoerekonomie
- MCom in Toegepaste Risikobestuur
- MCom in Operasionele Navorsing
- MCom in Statistiek
- PhD in Internasionale Handel
- PhD in Risikobestuur
- PhD in Ekonomie
- PhD in Operasionele Navorsing
Besoek gerus na die nagraadse bladsy