Jou Pad na Uitnemendheid
Vervoerekonomie is noodsaaklik om die beweging van vrag en passasiers vanaf die punt van oorsprong tot by die bestemming te verstaan, om te verseker dat hulle op die regte plek, in die gewenste toestand en op die regte tyd aankom. Hierdie aktiwiteite is belangrik vir die funksionering van enige ekonomie.
Met ons BCom in Sakebedrywighede wat spesialiseer in Vervoerekonomie sal jy die kompleksiteite van verskaffingskettingbestuur, logistiek en vervoerekonomie bemeester. Ons program rus jou toe om die leiding te neem in die optimalisering van bedrywighede en om die komplekse wêreld van vervoer te navigeer.
Brei jou kundigheid uit met ons BCom in Sakebedrywighede wat spesialiseer in Logistieke Bestuur. Doen praktiese ondervinding op in verskaffingsketting-optimering, voorraadbestuur en vervoerlogistiek. Word ʼn leier in die stroomlyning van bedrywighede en die maksimalisering van winsgewendheid in vandag se globale mark.
Tipiese take sluit in:
- Implementeer vervoeraktiwiteite
- Interaksie met kliënt om gehalte en tydigheid van aflewerbares te verseker
- Ontwikkel data-insamelingsmetodologieë en hersiening van ontwerp- en moniteringsraamwerke
- Uitvoer van finansiële bestuursassesserings
- Ontwerp fondsvloei- en uitbetalingsmeganismes
- Beraam beleggingsrisiko’s
Kernvakke
Vakke sluit onder meer in:
- Inleiding tot Logistiek
- Logistieke Strategieë en Kliëntediens
- Logistieke Besigheidstelsels
- Vervoerbeplanning
- Internasionale Logistiek
Graadopsies
BCom in Sakebedrywighede met Vervoerbestuur
- Duur van Graad: 3 jaar, voltyds
- Aangebied op die Mahikeng [M] kampus en Vanderbijlpark [V] kampus
BCom in Sakebedrywighede met Vervoerbestuur - Uitgebreide Program
- Duur van Graad: 4 jaar, voltyds
- Aangebied op Mahikeng [M] Kmapus
Toelatingsvereistes
BCom in Sakebedrywighede met Vervoerbestuur
- APS: 24
- Wiskunde: Vlak 4 (40%)
- Engels: Vlak 4 (50%)
BCom in Sakebedrywighede met Vervoerbestuur - Uitgebreide Program
- APS: 20
- Wiskunde: Vlak 3 (40%) of Wiskundige geletterdheid: Vlak 4 (50%)
- Engels: Vlak 3 (40%)
Loopbaangeleenthede
- Logistieke bestuur
- Verskaffingskettingbestuurder
- Logistieke bestuurder
- Vragversender
- Pakhuisbedryf
- Voorraadbeheer
- Openbare vervoer-beplanner/skeduleerder/modelleerder
- Verkeer- en reisimpakassessor
- Nasionale regering, provinsiaal, distrik en plaaslike munisipaliteit
Nagraadse studies
Nagraadse studie in Ekonomiese Wetenskappe sluit in
- BCom Honneursgraad
- MCom en
- PhD
Hierdie nagraadse kwalifikasies word aangebied in
- Potchefstroom [P]