Geoktrooieerde Rekenmeesterskap

Oorsig

Hierdie is een van die Universiteit se vlagskipprogramme, wat geakkrediteer is met die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Suid-Afrikaanse Geoktrooieerde Rekenmeesters (Cas(SA)) is leiers in besigheid en in hoë aanvraag, beide plaaslik en internasionaal.

Tipiese take sluit in:

  • Oudit rekeninge en gee u mening oor die billikheid van finansiële state
  • Adviseer kliënte oor belastingaangeleenthede
  • Adviseer kliënte oor besigheidsaangeleenthede, soos winsverbetering, beleggingstrategieë, risikobestuur, boedelbeplanning, ens.
  • Wees u eie baas deur die besigheid van u keuse te vestig en te bestuur
  • Bied lesings aan by ʼn universiteit of verskaf opleiding aan die rekeningkundige professie

Hoofvakke

  • Finansiële Verslagdoening
  • Ouditering en Korporatiewe Beheer
  • Belasting
  • Bestuursrekeningkunde
  • Finansiële Bestuur
  • Strategie, Risikobestuur en Korporatiewe Bestuur

Graad-opsies

BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap

Graad duur: 3 jaar, voltyds

Aangebied by;

  • Potchefstroom [P]
  • Mahikeng [M]
  • Vanderbijlpark [V]

BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap - Verlengde program

Graad duur:  4 jaar, voltyds

Aangebied by

  • Mahikeng [M]
  • Vanderbijlpark [V]

Toelatingsvereistes

BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap 

  • APS: 32,
  • Wiskunde: Vlak 5 (60%) indien Wiskunde op matriekvlak geneem is
  • Wiskunde: 65% indien Wiskunde nie op matriekvlak geneem is nie

 

BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap - Verlengde program

  • APS: 28
  • Wiskunde: Vlak 3 (40%)
  • Engels: Vlak 4 (50%)

Professionele liggame

South African Institute of Chartered Accountants (SAICA)

Vir meer inligting, besoek hul webwerf:

https://www.saica.co.za/

Word ook erken deur:

Association of Chartered Certified Accountants (ACCA)

Die BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap graad gee studente die geleentheid om vrystellings te verkry vir nege fondasie vlak eksamens vanaf ACCA.

https://www.accaglobal.com/africa/en.html

 

Word ook erken deur:

South African Institute of Tax Professionals (SAIT)

Vir meer inligting, besoek hul webwerf:

http://www.thesait.org.za/

SAIT

Word ook erken deur:

Chartered Institute of Management Accountants (CIMA)

Vir meer inligting, besoek hul webwerf:

http://www.cimaglobal.com/

CIMA

Let wel: studente wat die drie-jaar-BCom Gr-graad en ʼn SAICA-opleidingskontrak suksesvol voltooi (sonder die suksesvolle voltooiing van die CTA), kan ook ʼn SAICA-lid word as Associate General Accountant (AGA) eerder as ʼn geoktrooieerde rekenmeester (CA(SA).

Loopbaanmoontlikhede

GR is ʼn uitsonderlik diverse kwalifikasies met verskeie loopbaangeleenthede. Daar is baie opsies, bv. openbare praktyk (ouditfirmas), die korporatiewe omgewing (werk vir ʼn maatskappy), die openbare sektor (werk vir die regering), jou eie besigheid of die akademie. Hoewel daar verskeie ander opsies is, werk meeste van ons graduandi vir die sogenaamde ‘Groot 4’-firmas, naamlik Deloitte, EY, KPMG en PWC. As ʼn GR kan jy, onder andere, enige van die volgende loopbane volg:                                  

  • Ouditeur

  • Belastingspesialis

  • Finansiële bestuurder

  • Besigheidskonsultant

  • Rekenaar-ouditeur

  • Korporatiewe finansies-spesialis

  • Gestruktureerde finansies-spesialis

  • Entrepreneur

  • Akademiese-/opleidingsverskaffer

Nagraadse Studies

Nagraadse studies in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap sluit in:

  • BCom Honneurs
  • MCom 
  • Phd

Die nagraadse studies word aangebied op 

  • Potchefstroom [P]
  • Vanderbijlpark [V]

Laai die honneursbrosjure hier af.