Risikobestuur

Oorsig

ʼn Risikobestuurder identifiseer moontlike risiko’s wat kan ontstaan as gevolg van laer kontantvloei en hoër versekeringskoerse vir die besigheid. Hierdie spesialiste assesseer risiko’s en implementeer planne en strategieë om besigheidsverliese te minimeer.

Ons drie-jaar BCom Ekonomie en Risikobestuur-kwalifikasie bied aan u die geleentheid om te spesialiseer in Risikobestuur, met ʼn fondasie in Ekonomie.

Die fokus is spesifiek op finansiële risikobestuur. U sal die volgende leer:

  • Die tipes finansiële risiko waaraan maatskappye blootgestel word
  • Die regulerende raamwerk van, byvoorbeeld, COSO en die King-verslae
  • Beleggingsbestuur, bankrisikobestuur en verskansing van risiko deur middel van afgeleide instrumente
  • Hoe om tegniese en fundamentele analise te gebruik om ʼn portefeulje te bou
  • Hoe om hierdie opsies en SAFEX-instrumente te gebruik om die risiko’s waaraan u belegging blootgestel word, te verskans

Die kwalifikasie bied spesialiskennis tesame met ʼn benadering van toepasbaarheid. Harde vaardighede sluit in die bou en analise van beleggingsportefeuljes, koop- en verkoopsbesluite vir opsies en afgeleide instrumente, en die beraming van ekonometriese modelle. 

 

Toelatingsvereistes

  • APS 28
  • Wiskunde vlak 4 (50%)
  • Engels vlak 4
  • Addisonele veriestes mag van toepassing wees as per Fakutiet se jaarboek/kalendar
  • Voldoen nie aan die vereistes nie? Sien inligting oor die Verlengde program hieronder

 

Kampusse waar program aangebeid word

  • Potchefstroom [P]
  • Vanderbijlpark [V]

 

Kwalifikasie

  • BCom Ekonomie en Risikobestuur 
  • Durasie: 3 jaar, voltyds

[Kwalifikasie 5FKH05 P/V]

Sien asseblief die jaarboek vir meer inligting

Loopbaangeleenthede

  • Bankbestuur
  • Finansiële risikobestuur
  • Korporatiewe en stadstesourier
  • Fonds- en batebestuur
  • SAFEX-handel
  • Geld-, kapitaal- en aandelemark
  • Ekonomiese advies

Nagraadse studies

  • BCom Hons in Ekonomie met Risikobestuur
  • MCom in Toegepaste Risikobestuur
  • PhD in Risikobestuur

Besoek gerus na die nagraadse bladsy

 

 

Verlengde programme

 

Oorsig

Die Uitgebreide Program sluit ʼn addisionele jaar van studie in wat die student se basiese kennis en vaardighede sal verbeter alvorens aanbeweeg word na meer gespesialiseerde studies in die latere jare van die programme. Verder het studente wat hierdie program volg ʼn baie groter geleentheid om sukses te behaal in hul studies, aangesien dit toegewyde ondersteuning bied aan studente wat hulp nodig het om die gaping te oorbrug tussen skool en hoër onderwys.

Kwalifikasie in die program

  • BCom Ekonomie en Risikobestuur 
  • Durasie: 4 jaar, voltyds 

[Kwalifikasie 5XKH05 V]

Toelatingsvereistes

  • APS van 24
  • Wiskunde vlak 3 (40% of meer) / Wiskunde Geletterheid vlak 6 (70% of meer)
  • Addisionele vereistes mag van toepassing wees as per Fakultiet se jaarboek/kalendar

Kampus waar program aangebeid word

  • Vanderbijlpark [V]

Loopbaangeleenthede

  • Bankbestuur
  • Finansiële risikobestuur
  • Korporatiewe en stadstesourier
  • Fonds- en batebestuur
  • SAFEX-handel
  • Geld-, kapitaal- en aandelemark
  • Ekonomiese advies

Nagraadse studies

  • BCom Hons in Ekonomie met Risikobestuur
  • MCom in Toegepaste Risikobestuur
  • PhD in Risikobestuur

 

Besoek gerus na die nagraadse bladsy