Kommunikasiebestuur

 

Oorsig

Die Kommunikasie- en Bemarkingsbestuurspan aan die NWU is die leiers in hul onderskeie velde in Suid-Afrika. Gereelde kontak met industrie, navorsingsprojekte en konsultasies hou ons op die voorpunt van nuwe ontwikkeling wat u ook ʼn paar stappe voor die res sal hou. Na voltooiing van die program sal u ʼn kommunikasiebestuurder in ʼn toerisme- en/of ander tiep onderneming word. Indien u ʼn persoon is wat daarvan hou om kreatief te wees of met mense te werk, is hierdie die graad vir u.

U sal meer leer van:

  • Skryf vir koerante en ander media
  • Sosiale media-strategie en bestuur
  • Webontwerp en vele meer

Hierdie vaardighede kan op enige besigheid toegepas word. In hierdie graad het u die keuse om óf Toerismebestuur óf Besigheidsbestuur as hoofvak te neem tesame met Kommunikasiebestuur. Verskeie kommunikasiebestuurders, bemarkers, hoteleienaars en geleentheidbestuurders deel hul kennis met studente en ons besoek ook hul besighede.

Toelatingsvereistes

  •  APS van 24
  • Wiskunde vlak 3 (40-49%)

Afleweringspunte

  • Potchefstroom

Loopbaanmoontlikhede

Kommunikasiebestuurder kan in verskeie tipes industrieë werk, vanaf die onderrigsektor tot voedsel en drank en tegniese industrieë.

BCom-kwalifikasie is gefokus op die bestuur van die industrie en besighede. Hierdie graad skep spesifieke toegang tot loopbane soos organisasiebestuurders, toerismebestuurders, kommunikasiebestuurders, bemarkers, navorsers, dosente, konsultante, gastehuisbestuurders en geleentheidsbestuurders in beide die private en openbare sektor.  

Nagraadse studies

  • BCom Hons in Entrepreneurskap en Bemarking
  • BCom Hons in Bestuurswetenskappe met Ondernemingsbestuur
  • BCom Hons in Bemarking met Bemarkingsbestuur
  • BCom Hons in Publieke Administrasie
  • MCom in Sakebestuur
  • MCom in Bemarkingsbestuur
  • PhD in Bemarkingsbestuur
  • PhD in Sakebestuur
  • PhD in Publieke Administrasie

Sien die Nagraadse bladsy vir meer inligting.