Oorsig
Die nuwe kurrikulum vir sport-besigheidsbestuur sal die toenemende geleenthede in die sportbedryf, privaat en openbare sector verder maksimeer. Dié sal bereik word deur leer en ontwikkeling van spesifieke vaardighede wat focus op ‘n verskeidenheid van sportbesigheids- en bestuursfunksies en binne verskillende sportsektore en kontekste.
Die modules in hierdie graad is noukeurig beplan met insette van:
• kundiges en professore van plaaslike en internasionale universiteite;
• verskeie belanghebbendes van die sportbedryf.
Toelatingsvereistes
- APS van 24
- Wiskunde vlak 3 (40% of meer) / Wiskunde Geletterdheid vlak 6 (70% of meer)
- Addisionele vereistes per Fakulteit jaarboek/kalendar
Kampus
- Vanderbijlpark [V]
Kampus
BCom Sportondernemingsbestuur
[Qualification 5FPH07: Curriculum E301 V]
Loopbaangeleenthede
- Sportbestuurders administrateurs
- Tersiêre instelling sportburo bestuurders
- Skool sportbestuurders
- Provinsiale sportontwikkelingsbeamptes en -bestuurders
- Hoëprestasie-inrigtingbestuurders
- Provinsiale vlak sportadministrateurs
- Plaaslike sportklub en gemeenskapsentrumbestuurders
- Nasionale vlak sportfederasie bestuurders
- Professionele sportspanne bestuurders
- Sport ‘franchise’ entiteit eienaars en bestuurders
- Sakebestuurder
- Besigheidskonsultant
- Besigheids ontleder
- Verkoopsbestuurder
- Sport bemarker
- Sport Administrateur
- Rekreasiebestuurder
- Verskeie posisies in die Gasvryheidsektor
Nagraadse studies
Studente met hierdie graad sal oorweeg word vir honneurs-, meesters- en doktorsgraadstudies in Ondernemingsbestuur.