Landbou-ekonomie en risikobestuur

Oorsig

Die drie jaar voorgraadse kwalifikasie in Landbou-ekonomie, is daarop gemik om studente voor te berei vir die moderne landbou-omgewing – van die plaas tot by landbou-besigheid.

Dit bied ʼn kombinasie van Landbou-ekonomie saam met Ekonomie en Risikobestuur. Die Ekonomie-modules gaan oor die agtergrond waarteen die landbou-sektor werk: Mikro- en makro-ekonomie, ekonomiese beleid en ekonomiese analise. Die Landbou-ekonomie-modules sluit in:

  • Landbou-rekordhouding en finansies
  • Produksiebestuur
  • Landbou-besigheidsbestuur
  • Landboubemarking
  •  Hulpbron- en omgewingsekonomie

 

Die Risikobestuurmodules berei hierdie studente voor vir die finansiële risiko’s wat hulle binne die landbou-konteks in die gesig staar. Dit sluit in beleggingsbestuur en afgeleide instrumente (opsies en SAFEX-instrumente).

Landbou is ʼn besigheid en ons wil graag studente vir ʼn wye reeks uitdagings voorberei. 

Kwalifikasie in die program

  • BCom  Lanbou-ekonomie en Risikobestuur
  • Durasie: 3 jaar voltyds

[Kwalifikasie 5FKH04: Kurrikulum E302 P]

Toelatingsvereistes

  • APS van 26
  • Wiskunde vlak 4 (50% of meer)
  • Engels vlak 4 (40% of meer)
  • Addisionele vereistes mag van toepassing wees soos per die Fakultiet se jaarbook/kalendar

 

Kampus waar program aangebeid word

  • Potchefstroom [P]

 

Loopbaanmoontlikhede

  • Agri-besighede
  • Landbouverwante markte (SAFEX handel)
  • Risikobestuur
  • Tesourie

Nagraadse studies

  • BCom Hons in Ekonomie met Toegepaste Ekonomie
  • BCom Hons in Ekonomie
  • BCom Hons in Internasionale Handel
  • BCom Hons in Logistiek
  • BCom Hons in Operasionele Navorsing
  • BCom Hons in Besigheidsstatistiek
  • BCom Hons in Ekonomie met Risikobestuur
  • BCom Hons in Vervoerekonomie
  • MCom in Toegepaste Risikobestuur
  • MCom in Operasionele Navorsing
  • MCom in Statistiek
  • PhD in Internasionale Handel
  • PhD in Risikobestuur
  • PhD in Ekonomie
  • PhD in Operasionele Navorsing

Besoek gerus na die nagraadse bladsy