Ekonomiese Wetenskappe - Tuis

Welkom by die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe. Die belang van ekonomie is om die samelewing te help besluit oor die optimale toekenning van ons beperkte hulpbronne. Kyk deur ons studierigtings om te besluit watter forté u sal gebruik om ons wêreld te optimaliseer!

Studierigtings

Landbou-ekonomie is die toegepaste veld van ekonomie wat die aanwending van teorie gebruik om  die produksie en distribusie van gewasse te optimaliseer. 

Landbou-ekonomie

Ekonomie is ʼn tak van kennis wat te doen het met die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Dit bestudeer hoe keuses gemaak moet word om te voldoen aan die vraag en behoeftes, hoe pogings georganiseer en gekoördineer moet word om sodoende die maksimum uitset te behaal.

Ekonomie

Risikobestuur is die voorspelling en evaluasie van finansiële risiko’s tesame met die identifisering van prosedures om hul impak te vermy of te minimaliseer.

Risikobestuur

Internasionale handel is die uitruil van kapitaal, goedere en dienste oor internasionale grense en omgewings heen. Dit is die uitruil van goedere en dienste tussen die nasies van die wêreld. In meeste lande verteenwoordig sodanige handel ʼn beduidende aandeel van bruto plaaslike produk. 

Internasionale handel

Die UARM-meestersprogram in Toegepaste Risikobestuur poog om te voldoen aan die behoeftes van voltydse werknemers in organisasies regoor die openbare en private sektore.   

Toegepaste risikobestuur

Vervoerekonomie is die studie van die beweging van mense en goedere oor tyd en ruimte. Dit is ʼn tak van ekonomie wat te doen het met die allokasie van hulpbronne binne die vervoersektor.  

Vervoerekonomie en logistieke bestuur

Landbou-ekonomie is die toegepaste veld van ekonomie wat die aanwending van teorie gebruik om  die produksie en distribusie van gewasse te optimaliseer. 

Besigheidstatistiek en Operasionele Navorsing