PhD in Bemarkingsbestuur

Agtergrond

PhD staan vir Doctor of Philosophy en word beskou as die hoogste vlak van nagraadse akademiese prestasie wat ’n persoon kan behaal. Om ’n doktorsgraad te voltooi, moet die student oorspronklike en betekenisvolle navorsing lewer.

Die PhD in Bemarkingsbestuur is ontwerp om studente se kritiese kennis en begrip van ’n spesifieke navorsingsgebied te ontwikkel.

Graadnaam

Doctor of Philosophy (PhD) in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met Bemarkingsbestuur (5CAR07)

Aanbiedingsplekke

Hierdie graad word aangebied by die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlpark-kampusse.

Wyse van aanbieding

Hierdie graad word slegs as ’n navorsingsgraad aangebied, waartydens studente ’n proefskrif moet ontwikkel.

Toelatingsvereiste

Verwys asseblief na die Nagraadse Jaarboek.

Sperdatum vir 2026-inname

31 Oktober 2025

Praat met ons

Indien u meer inligting oor hierdie graad benodig, kontak asseblief:

Prof Alpheaus Litheko (Enige navrae oor hierdie graad by die Mahikeng-kampus)
Prof Frikkie Herbst (Enige navrae oor hierdie graad by die Potchefstroom-kampus)
Prof Re-an Müller (Enige navrae oor hierdie graad by die Vanderbijlpark-kampus)

Doen aansoek  Jaarboek