Agtergrond
Die BCom Honneursgraad in Bemarkingsbestuur is ontwerp om studente se intellektuele en etiese vermoëns op ’n meer gespesialiseerde wyse te ontwikkel. Dit rus hulle toe met die vaardigheid om die bemarkings- en breër sakeomgewing te verstaan, krities en innoverend te dink, en om ’n stewige grondslag vir verdere spesialisering deur gevorderde akademiese kwalifikasies te lê.
Graadnaam
BCom Honneurs in Bestuurswetenskappe met Bemarkingsbestuur (5EZL01)
Aanbiedingsplekke
Hierdie graad is belyn oor kampusse heen en word aangebied by die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlpark-kampusse.
Wyse van aanbieding
Hierdie graad word slegs op ’n voltydse basis aangebied. Studente moet weekliks kontaksessies bywoon op die kampus waar hulle geregistreer is. Geen deeltydse of afstandsonderrig-opsies is vir hierdie kwalifikasie beskikbaar nie.
Toelatingsvereiste
Verwys asseblief na die Nagraadse Jaarboek.
Sperdatum vir 2026-inname
31 Oktober 2025
Praat met ons
Indien u meer inligting oor hierdie program benodig, kontak asseblief die Bemarkingsbestuur-programbestuurders.
Dr Willy Engelbrecht (Enige navrae oor hierdie graad by die Mahikeng-kampus)
Prof Mia Bothma (Enige navrae oor hierdie graad by die Potchefstroom-kampus)
Prof Heleneze Lues (Enige navrae oor hierdie graad by die Vanderbijlpark-kampus)
